🎹 Chordroom

Your Song Chords & Lyrics Database

Kleintyd Verby - Coenie De Villiers Chords

Chords: Am, C, F, Dm, Bm, E, E7, A, Amaj7, D

More chords by Coenie De Villiers

Genre: folk, world, classical

Am C F
Koejawels ruik na Sondae toe ek klein was
Dm Bm / E
En uit die boom se mik gereik het na die son
Am C F
Maar nou, nou dat die boom nie meer dra nie
Dm Bm / E7
Het ek bitter-amandelsmaak leer ken
A Amaj7 D
Maar soms kom haal die perdewa my nog 'n keer
A Amaj7 D
En ek proe die donker moerbeibloed en ek voel die seer
Dm F
Van die rowe op my knieë
G A
Wat net 'n botterboom kan gee
Am C F
Granate langs die grensdraad in die najaar
Dm Bm / E
So helder soos die toekoms van 'n kind
Am C F
Maar dan vervaag die rooi en vloei die kleure
Dm Bm / E7
Tot 'n grysheid wat stom is en blind
A Amaj7 D
Maar soms kom haal die perdewa my nog 'n keer
A Amaj7 D
En ek proe die donker moerbeibloed en ek voel die seer
Dm F
Van die rowe op my knieë
G A
Wat net 'n botterboom kan gee
Am C F
Kopersamowar en geelhoutgrein
Dm Bm / E
Kanferfoelielaning en die pyn
Am C F
Van wonder waar die kronkel-kronkels lei
Dm Bm / E7
En of 'n langer lewe so akuut sal bly
A Amaj7 D
Maar soms kom haal die perdewa my nog 'n keer
A Amaj7 D
En ek proe die donker moerbeibloed en ek voel die seer
Dm F
Van die rowe op my knieë
G A
Wat net 'n botterboom kan gee

More Coenie De Villiers Songs

ChordRoom - Free Guitar & Piano Chords