🎹 Chordroom

Your Song Chords & Lyrics Database

Silver De Lange - Anton Goosen Chords

Chords: G, C, D

More chords by Anton Goosen

Genre: electronic, dance, pop

G C G
Die konsertina kerm al sy verlange, in die hande van ou Silver de Lange
G C G D
Hy’t gespeel van die liefde, maar hy was ’n eensame man
G C G
Ja, ou Silver hy't die pad alleen geloop, en gedwaal soos net ’n swerwer kan
D C D G
Dalk ’n bottel in die hand om die wêreld se skerpkant, weg te brand
G C G
Dis ’n geleende konsertina vir ’n arm man, wat kon speel beter as ’n ander

kan
G C G D
As die vyf, dagbrekers op die radio grammofoon speel
G C G
O, dan wonder ek baie oor jou Silver, daar’s so baie wat ons twee kon deel
D C D G
Maar die konsertinas nou jou weduwee, en jou hande het afgetree
C D
O, speel hom, Silver, speel hom weer
G D C
Speel hom Silver, nog 'n keer
G C D C
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
D G
Silver de Lange
G C G
En kom die paaie van die ou musikante, by die kruising van die hemel se rante
G C G D
En 'n man hoef nie meer vir ’n sjieling op ’n dag te speel
G C G
En ek wonder hoe baie baie harte, het ou Silver in sy lewe gesteel
D C D G
Maar die konsertinas nou sy weduwee, hy’t sy hart net vir haar gegee
G C
En watter vrou het gekyk in jou oë se blou,as jou vingers om die wheatstone
G
se note vou?
G C G D
Wie’t die hartseer man, teen haar bors getroos?
G G C G
Ja, die wêrelds nog dieselfde, ou Silver, hy’s hard en hy’s voos en hy’s boos
D C D G
Het jy alleen gespeel en musiek gemaak, toe jou hande aan die stilte raak?
C D
O, speel hom, Silver, speel hom weer
G D C
Speel hom Silver, nog 'n keer
G C D C
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
D G
Silver de Lange
C D
O, speel hom, Silver, speel hom weer
G D C
Speel hom Silver, nog 'n keer
G C D C
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
D G
Silver de Lange

More Anton Goosen Songs

ChordRoom - Free Guitar & Piano Chords