🎹 Chordroom

Your Song Chords & Lyrics Database

Binnedorp - Appel Chords

Chords: F#, B, C#, D#m, F

More chords by Appel

Genre: electronic, experimental, indie


[Intro]
F# B

[Verse]
F# B F#
Oom John sit al jare agter die klawers
B F# C# B
Hy kry steeds hoendervleis as die kroeg begin juig
F# B F#
Die stories van boere, boemelaars en sakemanne
B C#
Wat vertel van hulle planne en dan uit die kroeg kruip

[Verse]
F# B F#
Hy vertel van Koos Dup wat verlore siele kon roep
B C#
En Koos Kombuis die mense met ‘n laaste song groet
F# B F#
Op Drieankersbaai soos jong Ingrid gaan stap
F# B C#
Maar hy weet sy hart is in die stad vasgeplant
F# C#

[Chorus]
F# B F#
En die binnedorp se strate roep die siele al hoe nader
B F# C#
Om ‘n glasie te klink op die lewe se lyf
F# B F#
En dis waar ons vergader van nou tot baie later
D#m C# F#
Om ‘n hoofstuk in die boek van ons harte te skryf

[Verse]
F# B F#
Hy struikel oor sy note maar speel die regte akkorde
B F C#
Die gesing en gelag gee hom hoop vir die nag
F# B D#m F#
Op sy klavier is ‘n bier ‘n sigaret in sy hand
C# B F# C# F#
Hy skree boys is julle reg vir nog ‘n groot aand?

[Chorus]
F# B F#
En die binnedorp se strate roep die siele al hoe nader
B F# C#
Om ‘n glasie te klink op die lewe se lyf
F# B F#
En dis waar ons vergader van nou tot baie later
D#m C# F#
Om ‘n hoofstuk in die boek van ons harte te skryf

[Bridge]
F# B F#
En die ligte is af last rounds is geroep
B C#
‘n Grootman uitgepass op die trap langs die stoep
F# B F#
Ek hoor nog in die stilte oom John se klavier
B C#
Dis ‘n riem om my hart om te weet ek was hier

More Appel Songs

ChordRoom - Free Guitar & Piano Chords